Hierdie boek is `n poging om op die dieptevlak van die homiletiese proses die implikasies van die veranderende landskap waarin ons leef opnuut te anker in die Bron van suiwer, lewende, kragtige en aktuele Woordverkondiging. Op die dieptevlak van die homiletiese proses word die verbondsruimte betree waarin die lewende Here by sy mense teenwoordig is. In hierdie ruimte breek die lieflike lig van die evangelie van die gekruisigde en opgestane Jesus Christus onbevange deur en skyn met die genesing in die strale daarvan op die landskap waarin die prediker en die hoorders hulle roeping moet uitleef.
Hoe lieflik is die Lig
R50.00
Hoe lieflik is die Lig
De Wet, F.W. (Fritz)
ISBN: 9780869551943
PRYS: R70-00
Eerste uitgawe: 2011
Reviews
There are no reviews yet.