Om Gereformeerd te mag glo

//Om Gereformeerd te mag glo
­
  • Om Gereformeerd te mag glo

Om Gereformeerd te mag glo

R104.35

Om Gereformeerd te mag glo
Viljoen, Francois P (Red.)

 
ISBN: 9780869552278

PRYS: R120-00

 

 

 

 

Eerste uitgawe: 2015

SKU: ISBN: 9780869552278 Category:

Product Description

Om gereformeerd te mag glo bied toeligting met die oog op besinning en prediking van die breë temas van dieNederlandse Geloofsbelydenis:

  • Die leer oor God (Teologie): artikel 1-13;
  • Die leer oor die mens (Antropologie): artikel 14-17;
  • Die leer oor Christus (Christologie): artikel 18-21;
  • Die leer oor ons verlossing (Soteriologie): artikel 22-26;
  • Die leer oor die kerk (Ekklesiologie): artikel 27-36; en
  • Die leer oor die laaste dinge (Eskatologie): artikel 37.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis of Confessio Belgica (1561), is deur Guido de Brès in die destydse Suidelike Nederland geskryf. Dit was ʼn tyd waarin protestante ernstig vervolg is. Met hierdie belydenisskrif poog de Brès om die aanklagte te weerlê dat die protestante revolusionêr is. Hy verduidelik dat die protestante alleen maar verlang om in vrede en opregte gehoorsaamheid aan God te lewe – vandaar die titel van hierdie publikasie: Om gereformeerd te mag glo.