NOG KLEINODE VIR VROUE

//NOG KLEINODE VIR VROUE
­
  • Nog Kleinode vir vroue

NOG KLEINODE VIR VROUE

R108.70

Nog kleinode vir vroue

 

 

Prys: R125.00

Category:

Product Description

Kleinode vir vroue en Nóg kleinode vir vroue is spesifiek dít wat die titels sê: kosbaarhede in gelowige vroue se lewens. Daar is baie fasette in die lewe van vroue. In die media word die beeld van supervrou en superma geskep. Dikwels voel vroue totaal onbevoeg daartoe. Hierdie boeke dra die boodskap oor dat ons, hoewel doodgewoon vroue en geen superwesens nie, wel Christenvroue is. Daarom kyk ons anders na die lewe en ons gesinne. Daarom wil ons anders wees – wil ons ons Vader met ons vrouwees eer en nie aan die wêreld gelykvormig word nie. Om ’n Christenvrou te wees beteken egter allermins om vaal en onopwindend te wees! Daar is verskillende seisoene in vroue se lewens en elke seisoen weerspieël sy eie kosbaarhede. Die doel van hierdie boeke is dus om dié kosbaarhede met mekaar te deel, bymekaar te leer en mekaar se stemme te hoor.